The Campanile tower of Port Elizabeth

The Campanile tower of Port Elizabeth

Source and license: No machine-readable author provided. Moongateclimber assumed (based on copyright claims). / Wikimedia Commons, CC BY-SA 3.0, resized

In Port Elizabeth, the Campanile stands as a monument to the arrival of the British settlers, inspired by the famous bell tower of Venice.

Die Campanile in Port Elizabeth herdenk die vestiging van die Britse setlaars in Suid-Afrika. Die vierkantige toring in rooi baksteen staan in Jettystraat in die middestad by die ingang van die hawe en die spoorwegstasie. Dit het 'n besonder prominente ligging en kan van ver af gesien word.

Die toring is ontwerp deur Jones en McWilliams, wat die bekende kloktoring van Venesië as inspirasiebron gebruik het. Prins Arthur van Connaught het die hoeksteen op 9 April 1921 gelê en die toring is in 1923 voltooi. In 1989 is dit amptelik tot monument verklaar.

Die smal toring is ongeveer 53 m hoog en bevat 'n wenteltrap van 204 treetjies wat lei na 'n uitkykdek. Van hier af kan besoekers 'n uitsig oor die stad en die hawe geniet.

In 1936 is 'n kariljon van 23 klokke in die toring aangebring as 'n dankbetuiging vir die regeringsperiode van koning George V. Elke klok het 'n unieke inskripsie op die klokke van bekendes soos sir Rufane Donkin en lady Elizabeth Donkin. Lionel Field was die eerste beiaardier wat op 9 April 1936 die klokke laat klop het.

Sources: Wikipedia, OpenStreetMap, Wikidata, Wikimedia Commons

Guide me

Hear this story where it happened, along with the others around it. Say how many days you have and what you are into, and we put together a route through these places, with a voice guide telling each story as you arrive.

Guide me

Written by Mutabor

Discuss this with the author and others

No comments yet. Be the first to start the conversation.